Search This Blog

Tuesday 25 June 2013

Junie 2013 Nuusbrief

Lief en leed in die Klub.

Lief:

Melding moet gemaak word van die Graskarp van 6.2kg wat Ryan Prinsloo gevang het gedurende die Gauteng Noord Proewe.



Leed:

  Dis met hartseer wat ons verneem het dat oom Jan Labuschagne se Ma oorlede is. Ons gebde en gedagtes is met oom Jan  en sy familie.
  Riaan en Adriaan Cloete het bedank by Munt, en ons wil net vir Riaan bedank vir sy werk as Sekretaris.


Nuwe Lede & Ledegelde.

Lede moet asb hulle 2013 ledegelde betaal. Onthou dat die finansiele jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal weer ‘n “intree fooi” van R50.00 gaan betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg;

Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358


2013 Ledegelde soos volg :

·         Seniors, R350.00 plus R50.00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe - R150.00 plus R50.00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50.00 intreegelde.
·         Neem asb kennis dat nuwe lede vanaf 1 Julie lede pro-rata sal betaal vir 2013 en dan die volle gelde vir 2014.

Nuwe Lede

·         Geen

Klubkompetisie.

Die volgende klub komp is 6 JULIE 2013 by TrichardsFontein – Dit is n dag kompetisie en ons hengel soos volg :
·         Van af 7-uur tot 3 uur

Bring maar hout en koffie om die koue te trotseer en kom geniet die dag saam, sien almal daar.
Almal moet as 4 uur vir 4h15 by die Engen Petrol stasie bymekaar kom, ons sal dan vandaar almal saam verder reis.

Die kostes vir die dag sal R40-00 wees.


NTVL Gronde Roodeplaat 31 Mei tot 2 Junie 2013:

Baie geluk aan Mathew May wat die wenner was:

M May                     Swaarste sak          36.125 kg
JP Buys                    Swaartse Karp        3.040   kg               


Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.

Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken groot asb.



Belangrike Datums.

30 Junie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
6 Julie
Julie Klub Komp
7 Julie
MUNT Dam is bespreek vir GN Feeder Span Oefening
14 Julie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
20 Julie
Gauteng Noord Liga en Klere-aand
27 Julie
G N Bolgooi Liga 1




Muntdam.

Besoekers se fooi is: R30.00 per senior besoeker, R20.00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lid, Wickes van Heerden (0731120080).
Permitte sal NIE 05:00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASB.
Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6-uur in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 5-uur in die middag gehengel word. In die Somermaande mag daar van 05:30 in die oggend tot 6-uur in die middag gehengel word.
Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word. Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Besprekings

Munt Dam is bespreek vir 7 Julie 2013 deur die GN Feeder Span vir oefening

Muntdam Kode

Lede moet asseblief kennis neem dat die hek kode op 7 Julie 2013 gaan vernader na xxxx. 

Gauteng Noord Liga/Bolgooi.

Skip vra dat enige lede wat belang stel in die bolgooi liga hom asb. kontak sodat ons kan begin oefen , asook lede wat wil liga hengel. Sy sell 0726538167 , asb. julle kom oefen en gee julle name deur ons moet spanne opstel.
Die bolgooi tel vir die Curriebeker , so as ons hom wil wen moet ons voluit gaan by die jaar se bolgooi , so kom almal ons kort julle groot asb. Sosiale lede is baie welkom , kom en geniet dit saam met almal.

Baie geluk aan al die lede wat hulle verjaarsdae in Junie vier.


Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae in Junie , mag die HERE julle seen.

Peet
Janse van Rensburg
0601
Quinton
Herbst
0608
Carel
Smit
0615
Fanie
Van der Schyff
0614
Edwin
Johnson
0621
Buks
Jordaan
0622
Robert
Meintjes
0625

                                                                                                                                                                                                                                               
Mag dit n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.

As ek van iemand vergeet het laat weet my groot asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.

Algemeen.

Neem asb kennis van die Gauteng Noord Kleure aand wat die 20ste Julie sal plaasvind  en weer gehou word by die AKASIA STADSAAL. – Sien aangeheg

Kostes soos volg:
1)       Lede:
a)       Snr. R40
b)       Kinders onder 12: R25

Die Komitee het besluit dat die Klub sal die aand Snack’s vir die lede sal voorsien

Laat weet asb dringend vir Robbie by rslump@sars.gov.za , wie gaan die aand bywoon aangesien ons wil boek met finale syfers voor 12 Julie 2013!  


Hengel Groete,
Komitee

Friday 21 June 2013

Klub Kom Junie 2013 Roodeplaat Dam NTV Gronde

Voorl Van Totaal Vis Karp Massa Liga Basis
MT May 33 33 36.125 692.25
J Boshoff 16 16 21.200 373
W Coertzer 18 18 15.520 336.2
L le Roux 15 15 15.870 309.7
ETH Trieter 10 10 10.505 206.05
JP Buys 9 9 10.270 193.7
T Miles 7 7 7.145 142.45
R Prinsloo 5 5 7.045 121.45
W Soukip 5 5 5.495 105.95
Z Janeke 4 4 4.345 84.45
A Thomas 1 1 1.455 25.55
FH Roets 0 - 0.000 0
JJ Scheepers 0 - 0.000 0
L Borman 0 - 0.000 0
123 123 134.975
Totaal: Vis 123 Massa 134.975

Wenners
Seniors
Voorl Van Vis Massa Liga Basis
MT May 33 36.125 692.250
J Boshoff 16 21.2 373.000
W Coertzer 18 15.520 336.200
Swaarste Vis
Seniors
Voorl Van Vis Gewig
JP  Buys Karp 3.040