Search This Blog

Wednesday 15 January 2014

Januarie 2014 Nuusbrief


LIEF EN LEED IN DIE KLUB

Lief
Ons wil vir Stefan Hennop wat in die SAFOF O/13 B-span opgeneem is baie geluk sê. Anzelle Thomas is dan ook gekies vir die Jonge Dames span. Baie geluk aan die twee lede met die puik prestasies. Baie sterkte vir die wedstryde wat voorlê. Dan wil ons ook  vir Eddie Francis en Jacqui van Zanten baie geluk sê met hulle insluiting in die SAFOF binnelands Match spanne. Sterkte aan Ryan Prinsloo en Lezandra met die 2de pienkvoet wat oppad is. Dit gaan goed met Lukas le Roux en sy vrou na die operasie.

Leed
Anzelle sterk baie goed aan na ‘n operasie aan haar arm. Sy is eersdaags weer reg om te hengel.

NUWE LEDE EN LEDEGELD

Lede moet asb hulle 2014 ledegelde betaal.  Onthou dat die finansiële jaar strek van Januarie tot Desember en lede wat laat betaal, betaal ( na Februarie 2014 ) weer ‘n intree fooi van R50.00.

Die klub se bank besonderhede is as volg:
Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358

2014 Ledegelde
·         Seniors R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe - R150,00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n “Dames” aansluit nie, maar onder “Senior” betaal ook R350.00 plus R50,00 intreegelde.

Nuwe Lede
Jan Du Toit
Ernie Matthews

KLUB KOMPETISIE

Lede word herhinder dat lede wat ”feeder Hengel” wil beoefen tydens klub kompetisie die kans gegee sal word. Daar sal die oggend voor die tyd verduidelik word hoe dit gaan werk t.o.v “seatbox” en werp ens.

Die volgende klub kompetisie is 1 Februarie 2014 te Heartsease, Vaal dam. Dit is ‘n dagkompetisie en ons hengel van 07h00 tot 15h00. Ons kom 03h30 vir 03h45 die Saterdag by die Caltex garage op die Ben Schoeman by mekaar. Bring maar die E-Tag saam vir SANRAL.

Kostes beloop: R50 pp (snr) en R30 (jnr / penkop)

Die kostes sal by die water betaal word en R10-00 beampte fooi sal ingesamel word .

4 Januarie - Klubkompetisie-uitslae
Klipvoor dam

Baie geluk aan Piet Smit wat die wenner was.

Wenners
Seniors
Voorl
Van
Vis
Massa
Punte
P
Smit
18
7,835
260,35
E
Hennop
15
8,065
232,65
JJ
Scheepers
17
5,480
227,8
Juniors
Voorl
Van
Vis
Massa
Punte
S
Hennop
5
2,210
74,100
Penkoppe
Voorl
Van
Vis
Massa
Punte
C
Hooper
1
0,250
13,500
Swaarste Vis
Seniors
Voorl
Van
Massa
Spesie
PG
van Deventer
3,61
Karp
Penkop
Voorl
Van
Massa
Spesie
C
Hooper
0,25
Kurper

Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.
Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken , groot asb!

MUNT AJV

Lede word herhinder aan die AJV wat 11 Februarie by die klubhuis Crotsstraat 806, Rietfontei. Die agenda sal voor of op 28 Januarie uit gestuur word.

BELANGRIKE DATUMS

25 Januarie
Seniors All TVL
11 Februarie
Munt AJV
17 Februarie
Senior spanpraatjie
22 Februarie
Senior Liga Been 3 Leeuplaas/Heartsease Vaaldam


MUNTDAM

Lede word asb. gevra om nie gooie te oefen of uitermaatig vêr te gooi as daar mede hengelaars oorkant hulle sit nie aangesien die lyn afgegooi kan word en die sinker baie skade kan veroorsaak.


·      Besoekers se fooi is R30,00 per senior besoeker, R20,00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·      Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lid, Wickes van Heerden (0731120080).
·      Permitte sal NIE 05h00 – 08h00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASSEBLIEF.
·      Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·      Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6h00 in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 17:00 in die middag gehengel word.  In die somermaande mag daar van 05h30 in die oggend tot 18h00 in die middag gehengel word.

Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word.  Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Kode
Lede moet asseblief kennis neem dat die hekkode XXX is.


VERJAARSDAE IN JANUARIE

Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae . Mag die HERE julle seën.  Mag dit ‘n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.

05 Januarie
Jaun Buys
06 Januarie
Ruan Geyer
06 Januarie
Robert Murray
06 Januarie
Leon van Vuuren
10 Januarie
Danie Botha
11 Januarie
Eric Hansen
13 Januarie
Cecil Nel
15 Januarie
Josef Botha
15 Januarie
Paul McMenamin
17 Januarie
Jacques Gouws
17 Januarie
Dries Murray
20 Januarie
Wickes van Heerden
22 Januarie
Theunis Engelbrecht
27 Januarie
Vlaggies Thomas
28 Januarie
Erhard Mouton

 As ek van iemand vergeet het laat weet my asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.


ALGEMEEN


NUUSBRIEWE PER POS
Lede wat nuusbriewe per pos ontvang en die briewe eerder per e-pos wil ontvang moet asb vir Robert by rslump@sars.gov.za kontak om die nodige reelings te tref.

Hengel Groete,

Komitee

No comments:

Post a Comment