Search This Blog

Tuesday 1 April 2014

Munt opleiding sessie

Alle Munt Lede,

Ons gaan die 12de April 2014 vanaf 09h00 ‘n induksie / opleiding sessie by Munt Dam hou. Hiermee nooi ons al die nuwe lede asook almal wat belang stel om te kom kyk waaroor Oewer Hengel, Feeder Hengel, Karp Hengel en Match Hengel gaan. Verskeie ervare hengelaars sal teenwoordig wees met al hulle toerusting en kennis om al julle vrae te beantwoord en elkeen te wys wat benodig word as voorbereiding om aan ligas deel te neem.

Ons wil probeer om almal bekend te stel aan al die verskillende fasette en geleentheid gee om by meer as een van die fasette betrokke te raak.

Met die ligas wat voorlê, wil ons graag hê dat al die lede wat belang stel om liga te hengel so spoedig moontlik hulle name aan die komitee deur gee. Die liga spanne gaan reeds in April aangekondig word en ons gaan dan van Mei maand by die klub kompetisies die penmaats laat saam hengel. Die klub kompetisies sal dan soos ligas gehengel word met gepende oewers  en spanne sal tussen mekaar staan om almal blootstelling te gee en om mekaar te help. Ons gaan selfs Beamptes teenwoordig hê sodat hulle kan help en raad gee waar nodig.

Munt het die potensiaal om weer heel bot e eindig in al die afdelings. As julle almal gaan saam staan, mekaar help en ons die klub kompetisies gereeld bywoon, SAL ons beter doen in die ligas en weer die beste eindig.

Neen dus kennis dat die Munt Dam geboek is vir hierdie geleentheid 12 April 2014 en geen sosiale hengel die dag by die dam sal plaasvind nie.

Die hele komitee sien uit daarna om julle persoonlik daar te verwelkom en enige vrae te beantwoord.

Indien enige iemand voor die tyd enige vrae het, is julle welkom om enige een van die komitee lede te kontak.

Hengel Groete

Munt Komitee.


Maart 2014 Nuusbrief


LIEF EN LEED IN DIE KLUB

LIEF:

Baie geluk aan Ryan Prinsloo wie se baba wat onlangs gebore is.

Dan wil ons ook vir die volgende pesone geluk wens met hulle verkiesing tot die Gauteng Noord Match spanne.

MANS A:

Eddie Francis
Deon Koekemoer

DAMES A:

Jacqui van Zanten
Tharina Coetzer

Dan ook sterkte aan al ons Seniors met die Oewer SA’s die maand en ook aan die Match spanne die eerste week in April.


LEED:

Geen.


NUWE LEDE EN LEDEGELD

Lede moet ASSEBLIEF hulle 2014 ledegelde betaal.  Onthou dat die finansiële jaar strek van Januarie tot Desember.  Lede wat laat betaal, ( na Februarie 2014 )  moet weer ‘n INTREE FOOI VAN R50.00 betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg:
Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358

2014 LEDEGELDE:

·         Seniors R420.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe – R200,00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n “Dames” aansluit nie, maar onder “Senior” betaal ook R420.00 plus R50,00 intreegelde.

NUWE LEDE:

Anna-Rine Bornman;
Ninette Thomas;
Billy le Roux;
Juanré Venter;
Jan Labushange;
Reinhardt Labushange;
Hennie van Jaarsveld;
Summer-Rose van Jaarsveld;
Rentia-Annamart van Jaarsveld;
Jaco Brümmer;
Marietjie Brümmer;
Pieter de Lange.

Ons heet julle namens Munt klub baie welkom by ons en ons glo dat julle sommer dadelik deel van die familie sal word.




KLUB KOMPETISIE

Die volgende klub kompetisie is 5 April 2014 by De Rust (Hartebeespoort Dam). Dit is ‘n dagkompetisie en ons hengel vanaf 07h00 tot 15h00. Ons kry mekaar 05h30 vir 05h45 by die hek van De Rust. Meeste lede weet waar dit is. Indien jy onseker is, is jy welkom om een van die komitee lede te kontak om te reël dat ons saam ry.

Kostes beloop: R50-00

Die kostes sal by die hek betaal word.

Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.

Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken , groot asb!


KLUB KOMPETISIE UITSLAE

1 TOT 2 MAART 2014:
BRONKHORSTPRUIT NATUUR RESERVAAT:

Baie geluk aan Johann Pfeil (Jnr) wat die wenner was.

WENNERS:

SENIORS:
Voorl
Van
Vis
Massa
Punte
J
Pfeil (Jnr.)
21
14,195
351.95
L
Le Roux
14
14.580
285.80
J
Pfeil (Snr.)
6
4.485
104.85

DAMES:
Voorl
Van
Vis
Massa
Punte
A
Thomas
8
8.180
131.80
N
Thomas
1
0.530
15.30
JUNIORS:
Voorl
Van
Vis
Massa
Punte
T
Field
1
0.615
16.15
SWAARSTE VIS:

Seniors:
Voorl
Van                   
Massa
Spesie
L
Le Roux
3,47
Karp








BELANGRIKE DATUMS


21 Maart 2014
Feeder proewe    3                    Ardenza

22 Maart 2014
Meesters proewe 1                    Cilliers

23 Maart 2014
Meesters proewe 2                    Jacky Leonard

5   April 2014
Klub kompetisie                         De Rust

12 & 13 April 2014
Senior poewe 1 & 2                   Leeuplaas en Heartsease

26 & 27 April 2014
Senior proewe 3 & 4                 Jacky Leonard

28 April 2014
Feeder proewe  4                      Zonderwater

10 Mei 2014
Gauteng Noord Junior proewe  Eagles Water (Oberon)

17 Mei 2014
Meesters proewe 3                   Teksa Links van  Windpomp
MUNTDAM


·                Die hekkode sal vanaf die 15de Maart 2014 verander word na XXX;

·                Slegs lede wat hulle klubgeld betaal het sal die kode ontvang en ons vra mooi dat slegs lede die kode sal gebruik en nie uitgee nie;

·                Die hek se kode sal nie meer telefonies uitgegee word aan enige iemand nie en vra ons julle hiermee dat GEEN van die kommitee lede geskakel word vir die kode van die hek nie;

·      Besoekers se fooi is R30,00 per senior besoeker, R20,00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar;

·      Lede wat besoekers saamnooi om te hengel by Muntdam, moet die fooi elektronies oorbetaal ‘n dag voor die besoek aan die dam en moet die bewys deurstuur na Robert Slump met epoasadres rslump@sars.gov.za en die oorspronklike bewys saam neem en by hom / haar hou by die dam;

·      Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6h00 in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 17:00 in die middag gehengel word.  In die somermaande mag daar van 05h30 in die oggend tot 18h00 in die middag gehengel word.

Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug geplaas word in die dam.  Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
GEEN KINDERS MAG SONDER OUER TOESIG BY DIE DAM GELOS WORD NIE.

Ons doen ‘n ERNSTIGE beroep op almal wat Munt Dam besoek on asseblief die perseel netjies te hou. Neem asseblief julle rommel saam met julle huis toe en gooi dit daar weg of gebruik ten minste die vullishouers by die dam. Sommige mense gooi sommer hulle rommel in die braaiers!


VERJAARSDAE IN MAART  2014

Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae . Mag die HERE julle seën.  Mag dit ‘n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.

1 Maart
Zandre Janneke
12 Maart
Hendrik Morkel
23 Maart
Heini Strydom

 As ons van iemand vergeet het laat weet ons asseblief sodat ons die klub rekords op datum kan bring.

ALGEMEEN


·         Sien hierby aangeheg ‘n skrywe deur ons komitee vir julle aandag;

·         Ook by die nuusbrief aangeheg,is ‘n vorm wat ons graag wil hê elke hengelaar moet voltooi om sy of haar prestasies aan te toon. Stuur asseblief ook vir ons ‘n foto van jouself sodat ons ‘n gesig by die vorm kan plaas;

·         Ons vra al die lede wat hulle beampte kursus voltooi het om ons in kennis te stel sodat ons ‘n volledige beampte lys kan opstel. Julle  kan dit sommer per epos aan ons stuur;

·         Ons vra verder dat julle kennis neem van die volgende epos wat ontvang is ten aansien van
die reëls vir Bamboesspruit en Verlatenkraal:

“From: Andries Maree
Subject: RE: Rules and Stipulations for Bamboesspruit and Verlatenkraal

Goeie dag Steve,

1.       SAVOF het kennis geneem van die inhoud van jou memorandum.

2.       Wat georganiseerde hengel betref, kan ons asb die volgende uitklaar:

a.      Wat Oewer- en Karphengel betref maak jou vereistes sin en is dit heeltemal haalbaar. Ons het reeds in hierdie verband jou memorandum gesirkuleer aan al die provinsies vir kennisname.
b.      Wat Match- en Feederhengel aanbetref het ons egter ‘n probleem met die regulasie. Die .25mm lyn is heeltemal te swaar vir die tipe gerei wat hierdie fasette gebruik aangesien hulle van platforms af hengel op slegs 20m-30m. Is dit moontlik dat jy die toegewing kan maak dat daar geen beperkings op hierdie fasette se hengelgerei geplaas word nie.

3.       Die praktiese probleem gaan daarop neerkom dat indien daar geen toegewings vir die twee fasette gemaak kan word nie, dan bestaan die moontlikheid dat hulle ander oewers sal moet benut waar hulle wel met hulle normale gerei kan hengel.

4.       Ons verneem dringend jou reaksie op die versoek.

Hengel groete,
Andries Maree
Sekretaris
SAVOF


The rule on the thickness of line of 0,26 mm is for the Carp and Bank angling facets only.
Both Match and Feeder are not included in this rules as their type of angling does not influence the shore as heavily as the previous two types.”

Robert Slump is Munt Klub se tesourier. Bewys van gelde wat inbetaal word vir gaste wat die dam besoek, klere geld of lidmaarskap geld, MOET aan Robert gestuur word sodat hy die nodige kwitansies kan uitmaak en volledige beheer oor die finansies kan hou.


Kan al die dames in die klub wat belangstel om Gauteng Noord Proewe toe te kom, kennis neem dat daar ‘n proewe praatjie is die 18de Maart 19H00 by die Gauteng Noord klubhuis. Ons moedig julle almal aan om dit by te woon.



Onthou die blog, asseblief ondersteun ons en stuur enige iets aan.

  
 NUUSBRIEWE PER POS:
Lede wat nuusbriewe per pos ontvang en die briewe eerder per e-pos wil ontvang moet asb vir Anna-Rine by muntangling@gmail.com kontak om die nodige reelings te tref.

  
Hengel Groete,

Komitee