Search This Blog

Thursday 31 January 2013

         Januarie 2013 Nuusbrief  



Lief en leed in die Klub
Lief:
Ons Juniors en Penkoppe het baie goed gevaar by die afgelope Junior SA Kampioenskappe te Bloemhof in Desember 2012.

Janco Scheepers was die opvolg Victor Ledorum by die Junior SA Kampioenskappe gedurende Desember 2012, hy het ook die meeste vis gevang, die swaarste sak geweeg en ook die swaarste baber vir die kampioenskappe gevang.

Die Gauteng Noord 0/13 Penkoppe A span het vir die eerste keer in die medaljes geëindig met ‘n brons medalje. Munt se Adriaan Cloete, Erhardt Mouton en Stefan Hennop was deel van die span.

Ook het Adriaan Cloete die SAVOF 0/13 A span gehaal, Stefan Hennop het die SAVOF 0/13 B span gehaal en Erhardt Mouton is op die kortlys vir die SAVOF 0/13 B span.

Baie geluk ook aan Johan Jonk en sy vrou met hulle swangerskap.

Leed:
Dit is met groot hartseer dat ons op 29 Desember 2012 van Julius Engelbrecht moes afskeid neem, Julius was ‘n besonderse mens, vriend en hengelaar gewees. Hy was altyd bereid om te help, inligting te deel en het ook verskeie jare op die Munt Bestuur gedien en ook Gauteng Noord op provinsiale vlak verteenwoordig. Ons meegevoel is met Julius se familie, gesin en veral met Oom Bokkie.

JULIUS JY GAAN WAARLIK GEMIS WORD!

Julius word op 16 Januarie 2013 om 10:00 met volle Militêre Eer begrawe uit die Wit Kerk in Voortrekkerhoogte. Die Komitee maak ‘n beroep op alle Munties om hulle laaste eer aan Julius op 16 Januarie te gaan betoon.

Nuwe Lede & Ledegelde.
Lede moet asb hulle 2013 ledegelde betaal. Onthou dat die finansiele jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal weer ‘n “intree fooi” van R50.00 gaan betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg;
Munt Hengel Klub
ABSA
Spaar rekening
Rekening nr 9116712358

2013 Ledegelde
·         Seniors, R350.00 plus R50.00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe - R150.00 plus R50.00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50.00 intree -gelde.

Nuwe Lede
Ons wens julle almal hartlik welkom by die Munt Hengel Klub.
R. Koekemoer
A. Roth
H. Truter
G. Van Loggenberg
M. Hansen
E. Hansen
C. Hagen
M. Pick
C. Jordaan
P. McMenamin
V. Van Vuuren

Munt 2013 Algemene Jaar Vergadering
Kennis van die Algemene Jaar Vergadering moet minstens 14 dae voor die vergadering aan lede gegee word met volledige besonderhede wat die agenda insluit. Die Desember 2012 nuusbrief het gedien as die amptelike kennisgewing van die 64ste Munt Hengelklub AJV wat op 12 Februarie 2013 gaan plaasvind.

Die vergadering begin stiptelik om 19:00 by die Munt Klubhuis te Crotsstraat 806, Rietfontein.

Die Agenda was by die Desember nuusbrief aangeheg, enige verdere agenda punte moet die Sekretaris asb voor 30 Januarie 2013 bereik by elhennop@yahoo.com.

Met die uitsondering van Juniors is alle lede wie se Jaargelde opbetaald is vir 2013, stemgeregtig.

Stemming sal geskied by wyse soos deur die voorsitter beslis tydens die vergadering.

Die Voorsitter, benewens ‘n gewone stem, sal ook ‘n beslissende stem hê.

Dit is in belang van die klub dat soveel lede as moontlik die vergadering bywoon. Dit is ook die geleentheid wanneer die nuwe komitee lede verkies sal word en terugvoer oor die afgelope jaar deur die uitgaande komitee aan lede gegee sal  word.

Die klub sal versnaperings voorsien vir die AJV.

Klubkompetisie
Baie geluk aan die wenners van die naweek kompetisie wat gehou is op 5 Januarie 2013 te Roodekoppiesdam.

Swaarste sak snr: Andre Bezuidenhout – 15 Vis van 22.640kg
Swaarste sak jnr: Anzel Thomas – 5 Vis van 8.455kg
Mees verdienstelike vis: Jacques Boshoff – baber van 4.505kg

Die volgende klubkompetisie is ‘n dag kompetisie te Heartsease, Vaaldam 2013. Almal kom bymekaar by die Maxi’s op die N1 snelweg om 03:30. Kostes is omtrent R40.00 per hengelaar per dag en die addisionele R10.00 beampte fooi.

Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word. Lede moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken.

Belangrike Datums
26 Januarie 2013
Senior Geheel TVL Kampioenskappe
2 Februarie 2013
Klub Kompetisie te Heartsease - Vaaldam
12 Februarie 2013
Munt Algemene Jaarvergadering om 19:00
23 Februarie 2013
Senior Liga Spanne 3de Been – Krugers Vaaldam
1 – 3 Maart 2013
Dag/Kompetisie te Roodekoppiesdam
23 Maart 2013
Meesters Proewe 1 – Teksa Trichardsfontein
13 - 14 April 2013
Meesters Proewe 2 + 3 – Krugers Vaaldam
20 - 21 April 2013
Senior Proewe 1 + 2 Heartseas Vaaldam
18 - 19 Mei 2013
Senior Proewe 3 + 4 Jacky Leonard Vaaldam


Muntdam
·         Besoekers se fooi is: R30.00 per senior besoeker, R20.00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·         Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lede, Whaldu Soukup (0737624386) en Wikus van Heerden (0731120080). Permitte sal NIE 05:00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASB.
·         Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·         Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6 uur in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 5 uur in die middag gehengel word. In die somermaande mag daar van 05:30 in die oggend tot 6 uur in die middag gehengel word.
·         Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word. Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n
hounet geplaas word nie.
·         GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEëL AF VERWYDER WORD NIE.
·         Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
·         Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
·         Geen kinders mag sonder ouertoesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Besprekings
Geen besprekings

Gauteng Noord Liga
Daar word ‘n beroep gemaak op lede om asb hulle beskikbaar te stel vir deelname aan die GN Provinsiale Liga’s. Ons benodig nog lede om spanne vol te maak vir die komende liga op 23 Februarie 2013. Enige lid wat wil betrokke raak by kompenterende hengel, d.w.s as hengelaar, beampte, loper, moet asb met Mathew May in verbinding tree by 0761926221 of by m4m_@yahoo.com. Ons kort regtig nog jong seuns, meisies en dames hengelaars.

Baie geluk aan al die lede wat hulle verjaarsdae in Januarie vier.
Danie Botha
Lucas Botha
Jacques Gouws
Erhard Mouton
Dries Murray
Robert Murray
Hendrik Thomas
Jamie-Lee Van Der Merwe
Wickus Van Heerden

Totsiens!
Die nuusbrief is dan ook die laaste nuusbrief wat uit my rekenaar die lig sal sien. Ek bedank almal wat ‘n bydrae gemaak het die afgelope jaar, ek is jammer as die nuusbrief nie altyd op tyd by sommige lede uitgekom het nie. Sterkte aan die nuwe Munt Komitee wat op 12 Februarie 2013 verkies gaan word.

Ettienne Hennop
Munt Sekretaris 2012

No comments:

Post a Comment