Search This Blog

Wednesday 27 February 2013

Februarie Nuusbrief 2013

Lief en leed in die Klub.

Lief:

·         Baie geluk aan Pieter White, as hengelaar, en Nardus Buys, as hulp afrigter, met hulle opname in die Nasionale Protea Karp span vir deelname aan die wêreld kampioenskappe in Portugal in 2013.

·         Geluk aan die Gauteng-Noord Senior A en B spanne wat beide tweede geeindig het tydens die Geheel TVL Kampioenskappe te Heartsease, Vaaldam.

·         Geluk aan ons hengelaars met hulle deelname en prestasies tydens die Drie Nasies en Suidelik Afrika International Toernooi , Deef van Deventer – SAVOF Federasie Span eindig 2de, Gauteng-Noord B eindig 3de en die Gauteng-Noord A eindig 4de.

·         Baie geluk aan Hendrik Morkel met sy verkiessing tot SAVOF Meesters-A span, ons wens jou sterkte toe.

·         Baie geluk aan Johan Barnard wat opgeneem is in die Gauteng-Noord seniors A span.

·         Sterkte met al die seniors wat GN gaan verteenwoordig by die SA kampioenskappe, bring die goud huis toe.


Leed:

·         Ons as klub se gebede is met Jumbo Willemse en sy gesin in sy stryd teen kanker.

·         Ook is ons gedagtes met Deon Koekemoer met sy herstel na sy ongesteldheid.








Munt Uitvoerende Komitee 2013/2014.

Baie geluk aan die nuwe Munt Uitvoerende Komitee vir 2013/2014

Voorsitter:              Andre Bezuidenhout
Onder Voorsitter:    Robert Slump
Sekretaris:              Riaan Cloete
Tesourier:              Johan Jonck
Rekords Beampte:   Wickes van Heerden
Addisionele lede :   Skip Scheepers
                        :   Heinie Strydom
                        :   Ryno de Jager

Baie dankie vir die uitgaande komitee lede , ons wardeer julle onbaatsigtige diens vir die jaar wat verby is en baie dankie vir alles wat julle gedoen het om Munt te groei.

Nuwe Lede & Ledegelde.

Lede moet asb hulle 2013 ledegelde betaal. Onthou dat die finansiele jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal weer ‘n “intree fooi” van R50.00 gaan betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg;

Munt Hengel Klub
ABSA
Spaar rekening
Rekening nr 9116712358

2013 Ledegelde soos volg :

·         Seniors, R350.00 plus R50.00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe - R150.00 plus R50.00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50.00 intree -gelde.

Nuwe Lede
Ons wens julle almal hartlik welkom by die Munt Hengel Klub en vertrou julle sal deel wees van n wenspan :
C. Nel
G. Moolman
A. Moolman
L. Smith
J. Kruger



Klubkompetisie.

·         Baie geluk aan die wenners van die kompetisie wat gehou is op 2 Februarie 2013 te Heartsease, Vaaldam.

o        Liga bases punte snr: M.T. May – 9 vis van 19.83kg
o        Swaarste sak jnr: Geen
o        Swaarste karp snr: Werner Geyer – Karp van 4.15kg

·         Die volgende klubkompetisie is ‘n naweek kompetisie van 1 – 3 Maart 2013 te Bronkhorstspruit, Natuurbewaring , kostes onbekend en sal by die oewer bekend gemaak word word.
·         Hengel tye : Van af 6 uur Vrydag aand tot 10 uur Sondag oggend.
·         Die oewer sal wees, van die rietbos regs van die grafte tot by die pomphuis.
·         Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.
·         Lede moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken.


Belangrike Datums.

1 – 3 Maart 2013
Naweek Kompetisie te Bronkhorstspruitdam Natuurbewaring
23 Maart 2013
Meesters Proewe 1 – Teksa Trichardsfontein
13 - 14 April 2013
Meesters Proewe 2 + 3 – Krugers Vaaldam
14 April 2013
Junior/Penkoppe Proewe
20 - 21 April 2013
Senior Proewe 1 + 2 Heartseas Vaaldam
18 - 19 Mei 2013
Senior Proewe 3 + 4 Jacky Leonard Vaaldam


Muntdam.

·         Besoekers se fooi is: R30.00 per senior besoeker, R20.00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·         Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lede, Riaan Cloete (0784592322) en Wikus van Heerden (0731120080). Permitte sal NIE 05:00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASB.
·         Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·         Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6 uur in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 5 uur in die middag gehengel word. In die somermaande mag daar van 05:30 in die oggend tot 6 uur in die middag gehengel word.
·         Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word. Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
·         GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEëL AF VERWYDER WORD NIE.
·         Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
·         Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
·         Geen kinders mag sonder ouertoesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Besprekings
Geen besprekings




Gauteng Noord Liga.

Die Gauteng Noord Senior Liga’s is nou verby en Munt het gemengde welslae behaal.
·         Die Senior A span eindig 2de, verloor met 2 punte.
·         Senior B span wen hulle afdeling, welgedaan julle.
·         En ons C span eindig 5de.


Baie geluk aan al die lede wat hulle verjaarsdae in Februarie vier.

Oom Chris Bezuidenhout
Nardus Buys  snr
Ettiene Hennop
Micheal Dyman
Anzelle Thomas
Jackie van Zanten
Chris Froneman
Jacques Collins
Jacques Erasmus
Jacques Mouton
Nardus Buys  jnr
Peter Jonker
Markus Dyman
Johan Jonck
Jan Labuschagne
Gert Venter
Brian Coetzee
Schane Ellis
Willem O'kelly
Kobus Verster


As ek van iemand vergeet het laat weet my groot asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.



Hengel Groete,
Riaan Cloete

No comments:

Post a Comment