Search This Blog

Monday 24 February 2014

Februarie 2014 Nuusbrief


LIEF EN LEED IN DIE KLUB

Lief
Baie geluk aan Ryan Prinsloo en Lezandra met die 2de pienkvoet wat 7:15 op 10 Februarie 2014 gebore is en 3.5 kg ingeweeg het.

Baie geluk aan die nuut verkose komitee.

Voorsitter:                      Deon Koekemoer          - 082 467 0521                                                  
Vise Voorsitter:            Johan Barnard               - 083 628 5833                                                                      
Tesourier:                      Robert Slump                 - 082 557 4210                   
 Liga Sekretaris:           To be announced 
Sekretaris:                     Anna-Rine Bornman       - 078 210 3382    
 Rekords Beampte:      Louis Bornman                - 076 043 9603
 Addisionele lede:        Jacques Boshoff            -083 226 5779
                                         Francois Roets               - 082 663 1500
                                         Johan Pfeil                      - 082447 8569

Leed

Geen leed waarvan ons weet nie. As ons iets gemis het laat weet asb.

  
NUWE LEDE EN LEDEGELD

Lede wie nog nie hulle 2014 lede gelde betaal het nie word daaraan herhinner om dit asb voor einde Februarie te betaal.  Onthou dat die finansiële jaar strek van Januarie tot Desember en lede wat laat betaal, betaal ( na Februarie 2014 ) weer ‘n intree fooi van R50.00.

Die klub se bank besonderhede is as volg:
Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358


2014 Ledegelde
Ledegeld is op 11 Februarie 2014 op die 65st AJV verhoog vanaf R350 tot R420 vir seniors en vanaf R150 tot R200
vir Dames, Juniors en Penkoppe.
·         Seniors R420.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe – R200,00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n “Dames” aansluit nie, maar onder “Senior” betaal ook R420.00 plus R50,00 intreegelde.

Nuwe Lede

Ons het verskeie aansoeke van nuwe lede ontvang.  Soos dit moet wees sal die nuwe lede voor die komittee verskyn tydens die eerste vergadering. Giegene wat aanvaar word sal as nuwe lede aankondig word.

KLUB KOMPETISIE

Tydens die AJV is die”feeder Hengel” bespreek en die nuwe komittee sal na die voorstelle kyk en ‘n besluit sal in die toekoms geneem word oor hoe ons die en ander fasette tydens klub kompetisie gaan hanteer. Die vorige komittee se besluit dat lede die kans gegun sal word om die faset tydens klub kompitisies te beoefen sal nog so staan en lede is welkom om dit te beoefen. Daar sal die oggend voor die tyd verduidelik word hoe dit gaan werk t.o.v “seatbox” en werp ens.

Die volgende klub kompetisie is 1-2 Maart 2014 te Bronkhorstspruit Natuur Reservaat. Dit is ‘n Naweek-kompetisie en ons hengel van 07h00 die saterdag tot 12h00 Sondag. Die kompetisie sal stiptelik om 7:00 Saterdag oggend begin lede kom 6:00 by die water bymekaar. Skakel asb vir Johan of Louis vir verdere inligting

Die kostes sal by die water betaal word en R10-00 beampte fooi sal ingesamel word .

1 Februarie - Klubkompetisie-uitslae
Heartsaese Vaaldam

Baie geluk aan Chris Abbot wat die wenner was.
Wenners
Seniors
Voorl
Van
Vis
Massa
Punte
C
Abbott
13
10,540
236,4
LJ
le Roux
7
7,995
150,95
JC
Mouton
8
6,970
150,7
Dames
Voorl
Van
Vis
Massa
Punte
A
Thomas
5
3,485
85,850
Penkoppe
Voorl
Van
Vis
Massa
Punte
JC
Mouton
11
7,930
190,300



Swaarste Vis
Seniors
Voorl
Van
Massa
Spesie
LD
Cloete
9,68
Baber
LJ
le Roux
2,87
Karp

Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.
Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken , groot asb!


MUNT AJV

Munt se 65st AJV was op 11 Februarie 2014 gehou. ‘n Paar aangeleenthede was in alle erns bespreek en vanaf die komittee sê ons hartlik dank aan al die lede wat dit bygewoon het. Ons sal bitter graag volgende jaar meer van ons lede daar wil he en aan die nuwe komittee baie sterkte met die jaar wat voorle.

BELANGRIKE DATUMS

17 Februarie 2014
Senior span praatjie
22 Februarie 2014
Senior Liga Been 3 Leeuplaas/Heartsease Vaaldam
1-2 Maart 2014
Naweek-Kompetisie Bronkhorstspruit Natuur reservaat
1-2 Maart 2014
Feeder Proef 1 & 2 – Letabo
21 Maart 2014
Feerder Proef 3  - Ardenza
22 Maart 2014
Meesters Proewe 1 – Cilliers & Juniors Proef -
23 Maart 2014
Meesters Proewe 2 – Jacky Leonard
05 April 2014
Klub Kompetisie
12 & 13 April 2014
Senior Proef 1 & 2 – Leeuplaas en Heartsease
26 & 27 April 2014
Senior Proef 3 & 4 – Jacky Leonard
28 April 2014
Feeder Proef 4 - Zonderwater


Liga

Die laaste senior liga vind op 22 Februarie plaas en die spanne is gister aand (13 Februarie) bespreek en sal tydens die spanpraaitjie Maandag aand (17 Februarie) aangekondig word. Die lede wat die liga gaan hengel word hartlik versoek om dit asb by te woon.

MUNTDAM

Lede word asb soos altyd versoek om verdraagsaam te wees teenoor mede hengelaars. Die munt dam het die probleme dat van ons lede dam misbrtuik. Nie alle besoekersfooie word gevorder en betaal soos wat dit gedoen moet word nie. Die nuwe komittee het gisteraand (13 Februarie) ‘n paar idees bespreek wat ons verder in konsultasie met al ons lede sal deel soos ons vorder. Die hek kode sal vanaf 1 Maart verander word en slegs betaalde lede sal die nuwe kode ontvang. Weereens vra ons mooi dat slegs lede die kode gebruik en ek dink daar is al genoeg gesê oor die dam, toegang, gelde, ens.
·      Besoekers se fooi is R30,00 per senior besoeker, R20,00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·      Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by n Komitee lid.   
·   Permitte sal NIE 05h00 – 08h00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASSEBLIEF.
·      Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·      Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6h00 in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 17:00 in die middag gehengel word.  In die somermaande mag daar van 05h30 in die oggend tot 18h00 in die middag gehengel word.

Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word.  Geen hounette (keepnets) mag op die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Kode

Lede moet asseblief kennis neem dat die hek kode verander gaan word en die nuwe kode sal gestuur word en as van ons lede nie die kode gekry het nie beteken dit net dat die lid se jaar geld nie betaal is nie en die lid nie die nuwe kode sal ontvang nie.

VERJAARSDAE IN Februarie

Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae . Mag die Here julle seën.  Mag dit ‘n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.
 As ek van iemand vergeet het laat weet my asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.



02 Februarie
Anzelle Thomas

02 Februarie
Jackie van Zanten

03 Februarie
Chris Froneman

03 Februarie
Johan Koch

07 Februarie
Andre Esterhuysen

08 Februarie
Jacques Mouton

14 Februarie
Nardus Buys

15 Februarie
Nardus Buys

17 Februarie
Johan Jonck

20 Februarie
Ettiene Hennop

20 Februarie
Jan Labuschagne

20 Februarie
Gert Venter

21 Februarie
Chris Bezuidenhout

29 Februarie
Adam Moolman
ALGEMEEN


Onthou die blog, asseblief ondersteun ons en stuur enige iets aan.

NUUSBRIEWE PER POS
Lede wat nuusbriewe per pos ontvang en die briewe eerder per e-pos wil ontvang moet asb vir Robert by rslump@sars.gov.za kontak om die nodige reelings te tref.

Boodskap van die voorsitter

Hiermee wil ek graag aan alle lede wat die AJV bygewoon het en die nuwe komittee verkies het hartlik dankie se. Ek is nie ‘n man met baie woorde nie ”en dit weet almal wat my ken is ‘n klomp crap” maar vir al die ander komittee lede wat bereid is om op die Munt komittee te dien wil ek werklik hartlik bedank. En dan vir die vorige komittee en aan Andre wat die skip bestuur het die laaste twee jaar of so: Dankie Andre jy het ‘n great job gedoen en die grondslag gele vir ons om te proebeer om dit nog na die volgende hoogte te vat.

Dan wil ek ook van die geleentheid gebruik maak om al die nuwe, ou, en ouer lede en baie ouer lede soos oom Bokkie, Oom Fred, Oom Chris, Oom Jan en baie groot geeste regtig te bedank vir hulle raad en insig. Al trap hulle kruppel rond is hulle altyd daar, loop altyd vir die hengel spanne as ons hulle nodig het. Van ons jonger manne kan ma ‘n bietjie nader staan en kom leer by hulle wat dit beteken om deel te wees van die Munt familie en hengel friende.

Die laaste liga is op hande en daar is baie van ons lede betrokke by verskeie fasette van ons sport. Die naweek is dit GN se Match proewe waarna die SA’s volg in April, die karp manne is besig met voorbereiding vir hulle SA’s, die seniors se oewer SA’s is volgende maand, die GN feeder proewe is oppad. Bossie en Francois oefen vir die spesie “tzaneen classic” by Doorndraai of so iets, weet net hulle werk hard en wil goed doen en so kan ek aangaan. Weet Nardus en Jacques gooi ook baie boilies en tigers rond iewers vir die Protea span, (kook hemp wat ek dink hulle rook so nou en dan) ma nou ja nee dit is Jacqui en Eddie ons match protea sterre kan nie meer by hou nie. Dan is daar al ons sosiale lede wat elke naweek iewers gaan probeer om die grootes te vang. Sterkte aan almal wat by dit betrokke is en gee altyd net jou beste en dra jou en Munt se naam hoog.

En laastens tydens die span keuses vergadering gisteraand het die nuwe komittee ‘n paar gedagtes bespreek oor wat ons as ‘n komittee graag die jaar wil bereik. Munt is nie waar ons behoort te wees nie en ek dink dit is tyd dat ons “almal” net so bietjie rustig raak en ‘stock take” van ons verantwoordelikheid, betrokkenheid, en commitment teenoor Munt en al ons hengel familie. Ek persoonlik het een doel en dit is om te proebeer om Munt weer te kry waar hy moet wees en om aandag te gee aan al ons fasette van hengel wat deur ons lede beoefen word. Om meer dames, juniors, penkoppe, ou toppies en tannies weer betrokke te kry en weer lief te maak vir hengel en Munt.

Ek wil dan net vra as daar enige gedagtes of voorstelle van enige lid is rondom enige voorstelle wat jy mag he oor wat jy graag sal wil sien moet die jaar gebeur dat jy asb die vrymoedigheid moet neem om my persoonlik te kontak of enige komittee lid en dit met ons te deel.  

Indien ek iemand of iets uit gelos het vra ek innig omverskoning en vir die spel foute sorry nie Afrikaanse spel check nie.

Ons praat weer stywe lyne!!!



Hengel Groete,

Komitee

No comments:

Post a Comment