Search This Blog

Tuesday 1 April 2014

Munt opleiding sessie

Alle Munt Lede,

Ons gaan die 12de April 2014 vanaf 09h00 ‘n induksie / opleiding sessie by Munt Dam hou. Hiermee nooi ons al die nuwe lede asook almal wat belang stel om te kom kyk waaroor Oewer Hengel, Feeder Hengel, Karp Hengel en Match Hengel gaan. Verskeie ervare hengelaars sal teenwoordig wees met al hulle toerusting en kennis om al julle vrae te beantwoord en elkeen te wys wat benodig word as voorbereiding om aan ligas deel te neem.

Ons wil probeer om almal bekend te stel aan al die verskillende fasette en geleentheid gee om by meer as een van die fasette betrokke te raak.

Met die ligas wat voorlê, wil ons graag hê dat al die lede wat belang stel om liga te hengel so spoedig moontlik hulle name aan die komitee deur gee. Die liga spanne gaan reeds in April aangekondig word en ons gaan dan van Mei maand by die klub kompetisies die penmaats laat saam hengel. Die klub kompetisies sal dan soos ligas gehengel word met gepende oewers  en spanne sal tussen mekaar staan om almal blootstelling te gee en om mekaar te help. Ons gaan selfs Beamptes teenwoordig hê sodat hulle kan help en raad gee waar nodig.

Munt het die potensiaal om weer heel bot e eindig in al die afdelings. As julle almal gaan saam staan, mekaar help en ons die klub kompetisies gereeld bywoon, SAL ons beter doen in die ligas en weer die beste eindig.

Neen dus kennis dat die Munt Dam geboek is vir hierdie geleentheid 12 April 2014 en geen sosiale hengel die dag by die dam sal plaasvind nie.

Die hele komitee sien uit daarna om julle persoonlik daar te verwelkom en enige vrae te beantwoord.

Indien enige iemand voor die tyd enige vrae het, is julle welkom om enige een van die komitee lede te kontak.

Hengel Groete

Munt Komitee.


No comments:

Post a Comment