Search This Blog

Monday 25 March 2013

Munt Dam Toilet

Ek wil net namens al die Munties Dankie se vir 'n paar spesiale manne wat opofferinge maak om die klub en ons klub dam beter te maak eerstens aan Riaan Cloete en Louis Borman wat die chemiese toilet by Waterkloof lugmagbasis gaan haal het en na die munt dam geneem het. Dan wil ek ook vir Rayn Prinsloo baie dankie se vir die beskikbaarstelling van sy "Flatbedd Trailer" en laastens weer aan Louis wat vir Munt Kommitee laat weet het van die Toilet en die lede van die kommitee wat die nodige dokumentasie en briewe geskryf het dat ons die toilet verniet kon kry. Ek glo ek praat namens al die klub lede as ek baie dankie se vir die manne.

Die toilet is tans nog nie in werking nie maar ons hoop om die gou in werkende toestand te hĂȘ ,die toilet sal aan die Noord oewer geplaas word aka Afdak kant omdat daar tans geen fasiliteite is nie.

No comments:

Post a Comment