Search This Blog

Wednesday 24 April 2013

Bolgooi 2013 Admin


Munt hengel klub is in 1944 gestig en was oorspronklik ‘n sosiale klub vir die Suid Afrikaanse Munt vir personeel as ontspaning en 'n geleentheid om met familie tyd saam te spandeer. Op daardie stadium was daar nog nie regtig ‘n “kompeterende” hengel  faset soos ons dit vandag ken nie en van die lede het gehelp om die oewer hengel soos dit tans plaasvind te ontwikel.

Die Suid Afrikaanse Munt het destyds 'n baie belangrike rol gespeel en het in die vroeer jare die madaljes vir die klub se prys uitdeling geslaan, weens politiese redes het die klub toe later weggebreek van die Suid Afrikaanse Munt.

Munt dam is ‘n lekker plek vir ontspanning saam jou familie / friende en om ook 'n ideale plek om van die fyner kunsies soos kol gooi te beoefen.












Daar sal merkers/bottles by ons “dammetjie” aan gebring word Saterdag 27 April (+/- 7h) vir die bolgooi oefeninge elke Sondag van af 12 - uur is almal welkom om the kom, dit sal die amptelike oefen dae wees, maar as jy deur die week ekstra oefening wil insit is jy meer as welkom.

Daar sal ‘n gebied af gespan word vir die bolgooi. Sou daar egter iets voorval, sal ons julle laat weet.

So bring jou stokker, katrolle, voer, sinkers en vleisie (met n ietsie om te drink as jy will) en kom geniet Sondae saam met almal.

 Asb. ons benodig amal se ondersteuning vir die komende bolgooi liga wat voor lê.

Sien almal Sondag die 28ste, vir enige vedere navrae kontak asb vir Heini (dynamicsharpening@gmail.com) of Wickes (073 1120 080).

Vis groete

Komitee.



No comments:

Post a Comment