Search This Blog

Tuesday 28 May 2013

FEEDER ANGLING


Kan julle asseblief die volgende informasie uitstuur na al die voornemende Feeder hengelaars rakende die klinieke wat aangebied gaan word:

Addisionele lees stof.
http://www.thebankangler.com/index.php/tips-advice/feeder-angling


Die punte van die Feeder stokke wat gebruik word om byte aan te dui


Die opstel van 'n tipiese Feeder gerei


·         28 Mei 2013    Kliniek by die klubhuis  1900 – 2100 – Algemene oorsig rakende gerei

o    Daar sal gerei uitgestal word om almal in staat te stel om te sien wat hulle sal benodig sover dit seatboxes, nette, visstokke ens.

o    Daar sal ‘n oorsig gedoen word oor die Feeder reëls soos wat ons sal gebruik.

§  Die algemene reëls

§  Hoek grootes

§  Cage grootes

o    Benodighede vir volgende kliniek.


·         11 Junie 2013   Kliniek by die klubhuis 1900 – 2100 – Bespreking van terminale gerei / Praktiese bou van stroppe ens.

o    Bou van stoppe - Hengelaars word versoek om gerei (lyn, hoeke, swiwels) saam te bring.

§  Verskillende knope vir verskillende hoek tipes

§  Wanneer word watter tipe hoek gebruik

o    Aanwending van feeder cages

§  Bespreking van verskillende tipes cages

§  Waar en wanneer word watter cage gebruik

o    Hoof lyn vir Feeder hengel

o    Gebruik van leaders

o    Reël bespreking

§  Algemene bespreking oor reëls met nadruk op die hengel kampie en algemene gerei.


·         25 Junie 2013 Kliniek by die klubhuis 1900 – 2100

o    Oorsig rakende algemene gerei

o    Oorsig rakende terminale gerei

o    Bespreking vir praktiese sessies.

§  Oewers

§  Wat word verwag van die hegelaars


Verdere nota:

 ·         Hierdie is die datums vir Junie vir die klinieke.
·         In Junie sal ons datums vasmaak vir die praktiese opleiding wat gedurende Julie sal plaasvind.
·         Die proewe sal vir Augustus geskeduleer word. Hengelaars sal vroegtydig weet waar en wanneer.
·         Dis belangrik dat alle voorneemde Feeder hengelaars die opleidings sessies sal bywoon ten einde almal op standard te kry.

Munt Prysuitdeling Funksie 2013


Hi Munties

Dit is weer tyd vir ons prysuitdeling funksie dit vind plaas by Pumulani Lodge 8 Junie 2013

http://www.pumulanilodge.co.za

Het jy op een van die klub kompetisies die grootste spesie gevang vir die dag of gewen as Penkop ,Junior ,Dame of Senior wel dan moet jy kom kyk of jy nie 'n medalje kry nie daar is ook vele wissel trofee's en om nie eers te praat van die kos . . .

Alle lede is baie welkom en bring die hele gesin saam. 
Kostes soos volg :
1)       Lede:
a)       Snr. R60
b)       Kinders onder 12: R30
2)       Nie-lede
a)       Snr. R120
b)       Kinders onder 12: R65

Neem asb kennis dat lede se metgesel en kinders ook half prys betaaal. Laat weet asb dringend vir Robbie byrslump@sars.gov.za , wie gaan die aand bywoon aangesien ons wil boek met finale syfers !  

Wednesday 22 May 2013

SA Kampioenskappe 2013/14

SA Damme vasgemaak tydens SAVOF vergadering :

Meesters SA's 2013 - Gariep Dam
Senior A SA's 2014 - Grootdraai Dam
Senior B SA's 2014 - Bloemhof Dam
Senior C SA's 2014 - Bloemhof Dam

Dames Juniors sal nog deur gegee word !


Thursday 16 May 2013

Mei 2013 Nuusbrief



Lief en leed in die Klub.

Lief:

Dit gaan baie beter met Janco Scheepers na die  operasies , sterkte vir jou.
       Meesters baie geluk met die tweede plek na afloop van die liga , ons is trots op julle.
        Sterkte aan ons seniors met die volgende been van julle proewe.

Leed:

  Geen
  
Nuwe Lede & Ledegelde.

Lede moet asb hulle 2013 ledegelde betaal. Onthou dat die finansiele jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal weer ‘n “intree fooi” van R50.00 gaan betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg;

Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358


2013 Ledegelde soos volg :

·          Seniors, R350.00 plus R50.00 intreegelde.
·          Dames, Juniors en Penkoppe - R150.00 plus R50.00 intreegelde.
·          Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50.00 intreegelde.

Nuwe Lede

Welkom aan die volgende nuwe lid, sien jou by die volgende klub kompetisie:

·          Hendrik Pretorius
  
Klubkompetisie.


Die volgende klub komp is by Roodeplaat NTV Gronde – Dit is n naweek kompetisie en ons hengel soos volg :
·          Van af 18:00-uur Vrydag aand (31 Mei)
·          Tot 10-uur Sondag oggend (2 Junie)

Bring maar genoeg hout om die koue te trotseer en kom geniet die naweek saam , sien almal daar.

Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.

Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken groot asb.



Belangrike Datums.

18 Mei
Seniors proef 3 – Jacky Leonard
19 Mei
Seniors proef 4 – Jacky Leonard
19 Mei
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
26 Mei
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
31 Mei – 2 Junie
Klub Komp – Naweek Kompetiesie Roodeplaat NTV gronde.
8 Junie
Munt Prysuitdelingsfunksie – Pumulani
9 Junie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
16 Junie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
23 Junie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
30 Junie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
6 Julie
Julie Klub Komp
7 Julie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
14 Julie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
20 Julie
Gauteng Noord Liga en Klere-aand
27 Julie
G N Bolgooi Liga 1



Muntdam.

Besoekers se fooi is: R30.00 per senior besoeker, R20.00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lede, Riaan Cloete (0784592322) en Wikus van Heerden (0731120080).
Permitte sal NIE 05:00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASB.
Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6-uur in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 5-uur in die middag gehengel word. In die Somermaande mag daar van 05:30 in die oggend tot 6-uur in die middag gehengel word.
Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word. Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEëL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Besprekings

Geen besprekings

Gauteng Noord Liga/Bolgooi.

Skip vra dat enige lede wat belang stel in die bolgooi liga hom asb. kontak sodat ons kan begin oefen , asook lede wat wil liga hengel. Sy sell 0726538167 , asb. julle kom oefen en gee julle name deur ons moet spanne opstel.
Die bolgooi tel vir die Curriebeker , so as ons hom wil wen moet ons voluit gaan by die jaar se bolgooi , so kom almal ons kort julle groot asb. Sosiale lede is baie welkom , kom en geniet dit saam met almal.

Baie geluk aan al die lede wat hulle verjaarsdae in April vier.

Ek wil groot omverskoning vra ek het van Ryan Prinsloo laas maand vergeet hy het die 5de April verjaar , baie geluk Ryan ons weet 2013 gaan ‘n baie groot jaar wees vir jou.

Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae in Mei , mag die HERE julle seen.

Fred
Beeslaar
0529
Michael
Berry
0512
Clint
Heath
0527
Ethel
Jordaan
0521
Johan
Labuschagne
0509
Japie
Matthee
0501
Francois
Roets
0504
Siewert
Rorich
0505
Willem
Trytsman
0504
Chris
van der Walt
0525
Vaughan
Van Vuuren
0522
Rhyno
Viljoen
0516
                                                                                                                                                                                                                                               
Mag dit n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.

As ek van iemand vergeet het laat weet my groot asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.

Algemeen.

Sodra die lede register op datum gebring is sal die kode by Muntdam verander, daar sal ‘n epos uitgestuur word om almal in kennis te stel met tyd.

  

Die werkers dag van die 11 Mei het nie so goed verloop soos beplan is nie daar was slegs 6 lede wat gaan help het , baie dankie vir julle “commitment” dit word waardeer.
Lede ons sal almal moet inspring en help as ons die dammetie mooi en netjies will hou , asb ons het amal se hulp nodig.

Neem asb kennis die prysuitdelingsaand is nog steeds die 8ste Junie maar die “venue” het verander na Pumulani Loge , www.pumulanilodge.co.za

Kostes soos volg :
1)       Lede:
a)       Snr. R60
b)       Kinders onder 12: R30
2)       Nie-lede
a)       Snr. R120
b)       Kinders onder 12: R65

Neem asb kennis dat lede se metgesel en kinders ook half prys betaaal. Laat weet asb dringend vir Robbie by rslump@sars.gov.za , wie gaan die aand bywoon aangesien ons wil boek met finale syfers !  


  
Hengel Groete,
Komitee

Friday 10 May 2013

Werkers dag 2013


Hi Amal

Graag wil ons as klub sterkte toe wens aan al ons dames , juniors en penkoppe wat Saterdag proewe hengel , hou Munt se naam hoog en voorspoed.

Lekker vis.

Daar word n “werkers dag” beplan vir die 11de Mei om 10:00 , ons gaan die dam terein skoon maak en die toilet oprig.Ons versoek lede om the help met die volgende items groot asb. :
§  Bossie kappers
§  Grassnyers
§  Kettings
§  Saag
§  Toue


Daar is n groot tak in die dam wat ook uit gesleep moet word , bring asb toue saam.

Kom ondersteun asb ons het amal nodig om “ons” dammetie mooi te maak.


Ons weet on kan op die “munties” vertrou sien julle more.

Lekker dag.

Klub Kom Mei 2013 Vaaldam Dam (Perdekamp)

Voorl Van Totaal Vis Massa Liga Basis Punt
R Prinsloo 15 9.235 246.35
JL van Heerden 8 5.630 139.3
H Strydom 6 3.755 99.55
L le Roux 7 2.730 100.3
Jp Engelbrecht 1 1.485 25.85
N Engelbrecht 1 0.315 14.15
A Tommas 0    
L Borman 0    
38 23.150

Wenners
Seniors
Voorl Van Vis Massa Punte
1 R Prinsloo 15 9.235 246.350
2 JL van Heerden 8 5.63 139.300
3 L le Roux 7 2.730 100.300
Swaarste Vis
Seniors
Voorl Van Vis Gewig
JL van Heerden Karp 2.715
Skaal Beampte: JL van Heerden