Search This Blog

Thursday 16 May 2013

Mei 2013 Nuusbrief



Lief en leed in die Klub.

Lief:

Dit gaan baie beter met Janco Scheepers na die  operasies , sterkte vir jou.
       Meesters baie geluk met die tweede plek na afloop van die liga , ons is trots op julle.
        Sterkte aan ons seniors met die volgende been van julle proewe.

Leed:

  Geen
  
Nuwe Lede & Ledegelde.

Lede moet asb hulle 2013 ledegelde betaal. Onthou dat die finansiele jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal weer ‘n “intree fooi” van R50.00 gaan betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg;

Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358


2013 Ledegelde soos volg :

·          Seniors, R350.00 plus R50.00 intreegelde.
·          Dames, Juniors en Penkoppe - R150.00 plus R50.00 intreegelde.
·          Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50.00 intreegelde.

Nuwe Lede

Welkom aan die volgende nuwe lid, sien jou by die volgende klub kompetisie:

·          Hendrik Pretorius
  
Klubkompetisie.


Die volgende klub komp is by Roodeplaat NTV Gronde – Dit is n naweek kompetisie en ons hengel soos volg :
·          Van af 18:00-uur Vrydag aand (31 Mei)
·          Tot 10-uur Sondag oggend (2 Junie)

Bring maar genoeg hout om die koue te trotseer en kom geniet die naweek saam , sien almal daar.

Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.

Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken groot asb.



Belangrike Datums.

18 Mei
Seniors proef 3 – Jacky Leonard
19 Mei
Seniors proef 4 – Jacky Leonard
19 Mei
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
26 Mei
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
31 Mei – 2 Junie
Klub Komp – Naweek Kompetiesie Roodeplaat NTV gronde.
8 Junie
Munt Prysuitdelingsfunksie – Pumulani
9 Junie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
16 Junie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
23 Junie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
30 Junie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
6 Julie
Julie Klub Komp
7 Julie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
14 Julie
Munt Bolgooi oefening –Munt Dam
20 Julie
Gauteng Noord Liga en Klere-aand
27 Julie
G N Bolgooi Liga 1



Muntdam.

Besoekers se fooi is: R30.00 per senior besoeker, R20.00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lede, Riaan Cloete (0784592322) en Wikus van Heerden (0731120080).
Permitte sal NIE 05:00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASB.
Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6-uur in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 5-uur in die middag gehengel word. In die Somermaande mag daar van 05:30 in die oggend tot 6-uur in die middag gehengel word.
Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word. Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEëL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Besprekings

Geen besprekings

Gauteng Noord Liga/Bolgooi.

Skip vra dat enige lede wat belang stel in die bolgooi liga hom asb. kontak sodat ons kan begin oefen , asook lede wat wil liga hengel. Sy sell 0726538167 , asb. julle kom oefen en gee julle name deur ons moet spanne opstel.
Die bolgooi tel vir die Curriebeker , so as ons hom wil wen moet ons voluit gaan by die jaar se bolgooi , so kom almal ons kort julle groot asb. Sosiale lede is baie welkom , kom en geniet dit saam met almal.

Baie geluk aan al die lede wat hulle verjaarsdae in April vier.

Ek wil groot omverskoning vra ek het van Ryan Prinsloo laas maand vergeet hy het die 5de April verjaar , baie geluk Ryan ons weet 2013 gaan ‘n baie groot jaar wees vir jou.

Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae in Mei , mag die HERE julle seen.

Fred
Beeslaar
0529
Michael
Berry
0512
Clint
Heath
0527
Ethel
Jordaan
0521
Johan
Labuschagne
0509
Japie
Matthee
0501
Francois
Roets
0504
Siewert
Rorich
0505
Willem
Trytsman
0504
Chris
van der Walt
0525
Vaughan
Van Vuuren
0522
Rhyno
Viljoen
0516
                                                                                                                                                                                                                                               
Mag dit n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.

As ek van iemand vergeet het laat weet my groot asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.

Algemeen.

Sodra die lede register op datum gebring is sal die kode by Muntdam verander, daar sal ‘n epos uitgestuur word om almal in kennis te stel met tyd.

  

Die werkers dag van die 11 Mei het nie so goed verloop soos beplan is nie daar was slegs 6 lede wat gaan help het , baie dankie vir julle “commitment” dit word waardeer.
Lede ons sal almal moet inspring en help as ons die dammetie mooi en netjies will hou , asb ons het amal se hulp nodig.

Neem asb kennis die prysuitdelingsaand is nog steeds die 8ste Junie maar die “venue” het verander na Pumulani Loge , www.pumulanilodge.co.za

Kostes soos volg :
1)       Lede:
a)       Snr. R60
b)       Kinders onder 12: R30
2)       Nie-lede
a)       Snr. R120
b)       Kinders onder 12: R65

Neem asb kennis dat lede se metgesel en kinders ook half prys betaaal. Laat weet asb dringend vir Robbie by rslump@sars.gov.za , wie gaan die aand bywoon aangesien ons wil boek met finale syfers !  


  
Hengel Groete,
Komitee

No comments:

Post a Comment