Search This Blog

Wednesday 24 July 2013

Julie 2013 Nuusbrief

LIEF EN LEED IN DIE KLUB
Lief
Aan alle lede wat verkies is tot die Gauteng Noord Spanne, baie geluk, ons weet julle sal ons klub se naam baie hoog hou.

Penkop
Cristaan Hooper                               GN - B
Stefan Hennop                                 GN - A

Juniors
Anzelle Thomas                                GN – B
Michael Dyman                                 GN – A – reserwe

Meesters
Lukas Le Roux                                    GN – B
Hendrik Morkel                                 GN - B - reserwe
Johann Pfeil                                       GN – A - reserwe

Seniors
Anil Bhari                                             GN – C
Johan Barnard                                    GN – C
Heini Stydom                                     GN – C
Ryan Prinsloo                                     GN – C

Wickes van Heerden                      GN – B
Ettienne Hennop                             GN – B
Ruan Geyer                                        GN – B
Janco Scheepers                              GN - B
Deon Koekemoer                            GN – B – reserwe

Andre Bezuidenhout                      GN – A
Jacques “Bossie” Boshoff             GN – A
Werner Geyer                                   GN – A
Skip Scheepers                                 GN – A
Matthew May                                   GN – A

Karp

Jacques Mouton                         Protea

Baie geluk aan Lukas Le Roux wat die Victor Ladorum was vir die GN B Liga tydens 2011/2012 liga.
Geluk ook aan Oom Bokkie wat ‘n Sertifikaat ontvang het vir 20 jaar se on-onderbroke bywooning/diens  by die SA”s  

Leed
Anzelle Thomas het haar linker elmboog erg beseer toe sy van ‘n perd af geval het. Sy het reeds ‘n operasie
ondergaan en herstel goed. Sy kan ongelukkig vir die volgende 3-4 maande nie visvang nie. Ons wens haar vinnige
beterskap toe.


NUWE LEDE EN LEDEGELD

Lede moet asb hulle 2013 ledegelde betaal.  Onthou dat die finansiële jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal weer ‘n intree fooi van R50.00 gaan betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg:

Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358

2013 Ledegelde
·         Seniors R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe - R150,00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Neem asb kennis dat nuwe lede vanaf 1 Julie lede pro-rata sal betaal vir 2013 en dan die volle gelde vir 2014.

Nuwe Lede

Leslie Coertze
Zandre Smit

KLUBKOMPETISIE
Die volgende klubkompetisie is 3 Augustus 2013 by Olifantsnek te Rustenburg.  Dit is ‘n dagkompetisie en ons hengel van 7h00 tot 15h00.

Bring maar hout en koffie om die koue te trotseer en kom geniet die dag saam, sien almal daar.

Almal moet asseblief 5h00 vir 5h15 by die TOTAL vulstasie op die N4 oppad na Rustenburg bymekaar kom, vanaf die Doornpoort tolhek is dit ongeveer 64 km tot by die vulstasie. Ons sal dan vandaar almal saam verder reis. Vanaf die vulstasie is dit nog so 46km tot by die dam.

Die kostes vir die dag sal R50,00 wees.

Julie Klubkompetisie
Trichardsfontein 6 Julie 2013
Baie geluk aan Johann Pfeil Snr wat die wenner was.

Johann Fpeil                       Swaarste sak                      9.35kg
Andre Bezuidenhout      Swaartse Vis Karp            1.415kg

Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.

Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken groot asb.

  
BELANGRIKE DATUMS

20 Julie
Gauteng Noord Liga en Klere-aand
28 Julie
Bol/Kolgooi oefening – Adelaars Rugby Klub – 14H30
3 Augustus
Klub Kompetisie – Olifantsnek Dam - Rustenburg
4 Augustus
Bol/Kolgooi oefening – Adelaars Rugby Klub – 14h30
11 Augustus
Bol/Kolgooi oefening – Adelaars Rugby Klub 14h30
17 Augustus
Bol/Kol gooi Liga 2de Been – Weermag gronde
24 Augustus
Meesters Liga – 1ste been – Last Farm Vaaldam
30 Aug tot 2 September
Klub Kompetisie  - naweek – plek sal bevestig word

MUNTDAM
·      Besoekers se fooi is R30,00 per senior besoeker, R20,00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·      Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lid, Wickes van Heerden (0731120080).
·      Permitte sal NIE 05h00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASSEBLIEF.
·      Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·      Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6h00 in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 17:00 in die middag gehengel word.  In die somermaande mag daar van 05h30 in die oggend tot 18h00 in die middag gehengel word.

Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word.  Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Kode
Lede moet asseblief kennis neem dat die hekkode op 7 Julie 2013 gaan vernader na XXXX.


GAUTENG NOORD LIGA/BOLGOOI
Skip vra dat enige lede wat belangstel in die bolgooi liga hom asseblief kontak sodat ons kan begin oefen, asook lede wat wil liga hengel.  Sy selfoonnommer is 0726538167, asseblief julle kom oefen en gee julle name deur ons moet spanne opstel.

Die bolgooi tel vir die Curriebeker, so as ons hom wil wen moet ons voluit gaan by die jaar se bolgooi, so kom almal ons kort julle groot asseblief.  Sosiale lede is baie welkom, kom en geniet dit saam met almal.



VERJAARSDAE IN JULIE
Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae in Junie, mag die HERE julle seën.  Mag dit ‘n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.

8 Julie
Werner Geyer
10 Julie
Mathew May
11 Julie
Andrew Roth
11 Julie
Rudi Swanepeol
15 Julie
Skip Scheepers
19 Julie
Johann Pfeil
22 Julie
Marius Pretorius
25 Julie
Dieter Oelofse
30 Julie
Rudie Dyman

As ek van iemand vergeet het laat weet my groot asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.

Hengel Groete,

Komitee

No comments:

Post a Comment