Search This Blog

Wednesday 21 August 2013

Aug 2013 Nuusbrief


LIEF EN LEED IN DIE KLUB
Lief
  • Baie geluk aan Janco Scheepers en ook sy suster Marizane, hulle het altwee hulle bestuurslisensies geslaag en is nou wettig op die pad.
  • Anzellé se arm sterk goed aan.
  • Johan Jonck en sy vrou Jeanri, baie geluk met baba Louhan wat 3.7 kg en 52 cm ingeweeg het, ons hoop die baba gaan vir julle baie vreugde bring.
  • Geluk aan ons Senior A span wat ‘n 3de en ons Penkop span wat ook ‘n 3de geëindig het in die Bolgooi liga.
  
Leed


NUWE LEDE EN LEDEGELD

Lede moet asb hulle 2013 ledegelde betaal.  Onthou dat die finansiële jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal weer ‘n intree fooi van R50.00 gaan betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg:

Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358

2013 Ledegelde
·         Seniors R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe - R150,00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Neem asb kennis dat nuwe lede vanaf 1 Julie lede pro-rata sal betaal vir 2013 en dan die volle gelde vir 2014.

Nuwe Lede

Jimmy Bezuidenhout
Adriaan van der Merwe
Johan Engelbrecht

KLUBKOMPETISIE
Die volgende klubkompetisie is 6 tot 7 September 2013 te Trichardtsfontein.  Dit is ‘n nag/dag kompetisie en ons hengel van 18h00 Vrydag tot 15h00 Saterdag.

Bring maar baie hout en koffie om die koue te trotseer en kom geniet die visvang saam, sien almal daar. Hierdie gaan goeie oefening wees vir die seniors aangesien hulle die volgende week, 14 September 2013, die 1ste Senior liga daar gaan vang.

Die lede wat nie die Vrydag al deur gaan na dam moet asseblief almal 4 uur vir 4h15 by die Engen Petrol stasie op die Delmas pad bymekaar kom, ons sal dan van daar almal saam verder reis.

Aanwysings vir die nuwe lede – as julle op die N1 suid ry neem die Rigel afrit en hou links by die vurk, volg pad tekens vir R50/​M10/​Delmas/​Hans Strijdom Drive/​Rigel Avenue, kruis Hans Strydom (Solomon Mahlangu) en dan 2 km verder aan linkerkant is die Engen Garage.


Die kostes sal +/- R80-00 wees vir die wat Vrydag al deur gaan en R 40-00 vir die wat net Saterdag deur kom.


Augustus Klubkompetisie
3 Augustus 2013
Olifantsnek te Rustenburg

Baie geluk aan Johann Pfeil (Snr) wat die wenner was.

Johan Barnardt                                 Swaarste sak                      4 vis  2.320kg
Tinus Miles                        Swaartse Vis Karp            2.025kg



Lede moet asseblief daarop let dat klub kompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.

Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken.


  
BELANGRIKE DATUMS

24 Augustus
Meesters Liga – 1ste been – Last Farm te Vaaldam
6 tot 7 September
Klub Kompetisie  - Dag/Nag – Trichardtsfontein
8 September
Klub geselligheid by Munt Dam
  • Familie Dag
  • Aankondiging van Spanne en aas bespreking
              Prys uitdeling
14 September
Senior Liga 1ste been – Trichardtsfontein
15 September
  • Munt dam is bespreek duer GN Penkoppe vir oefening -  geen sosiale visvang kan dan plaas vind daardie dag.



MUNTDAM
·      Besoekers se fooi is R30,00 per senior besoeker, R20,00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·      Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lid, Wickes van Heerden (0731120080).
·      Permitte sal NIE 05h00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASSEBLIEF.
·      Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·      Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6h00 in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 17:00 in die middag gehengel word.  In die somermaande mag daar van 05h30 in die oggend tot 18h00 in die middag gehengel word.

Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word.  Geen hounette (keepingnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Kode
Lede moet asseblief kennis neem dat die hekkode vernader het na XXXX.


VERJAARSDAE IN AUGUSTUS
Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae in Junie, mag die HERE julle seën.  Mag dit ‘n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.

8 Augustus
Chris Abbot
8 Augustus
Micheal Pieterse
9 Augustus
Tharina Coetzer
13 Augustus
Althea Kruger
16 Augustus
Stefan Roberts
18 Augustus
Ryno de Jager
19 Augustus
Peet van der Schyff
21 Augustus
Soon Koen
23 Augustus
Mark Hansen
28 Augustus
Leon Smith

As ek van iemand vergeet het, laat weet my groot asseblief, sodat ek die klub rekords op datum kan bring.
  
  
ALGEMEEN
Onthou die blog, asseblief ondersteun ons en stuur enige iets aan.

Daar is op SAFOF se AJV besluit dat daar nie meer met “braid” hehengel mag word nie en dat dit onmiddelik van toepasing op alle GN/SAFOF aangeleenthede bv. ligas ,SA’s ens
Geen “Braid ” mag as Hooflyn ,Leader ,Skaglyn van ‘n strop gebruik word nie.
Die enigste deel van jou opset wat wel “Braid” mag bevat is jou hoeklyntjies!!

NUUSBRIEWE PER POS

Lede wat nuusbriewe per pos ontvang en die briewe eerder per e-pos wil ontvang moet vir Robert by rslump@sars.gov.za kontak om die nodige reëlings te tref.


SONDAG 8 SEPTEMBER 2013
MUNT DAM
MUNT FAMILIE DAG
11 uur tot 5 uur

Aandag,

Alle lede word hiermee uitgenooi om Sondag 8 September 2013, lekker saam te kom kuier en mekaar beter te leer ken by die MUNT dam. Dit is altyd lekker om ‘n gesig te plaas by ‘n naam.
Al wat die lede moet saam bring is stoele, drink goed en eet gery.
Die Klub gaan vlies en bykosse voorsien.
Almal wat hulle name op gegee het vir komende liga moet teenwoordig wees aangesien die liga Spanne aangkondig sal word.
Die geleenthied sal ook gebruik word om pryse en trofees te oorhandig aan al ons wenners vir die 2012 jaar.


Hengel Groete,

Komitee

No comments:

Post a Comment