Search This Blog

Monday 28 October 2013

Oktober 2013 Nuusbrief


LIEF EN LEED IN DIE KLUB
Lief

Leed


NUWE LEDE EN LEDEGELD

Lede moet asb hulle 2013 ledegelde betaal.  Onthou dat die finansiële jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal weer ‘n intree fooi van R50.00 gaan betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg:

Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358

2013 Ledegelde
·         Seniors R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe - R150,00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Neem asb kennis dat nuwe lede vanaf 1 Julie pro-rata ledegelde betaal vir 2013 en dan die volle gelde vir 2014.
Nuwe Lede



KLUB KOMPETISIE
Die volgende klub kompetisie is 2 & 3 November 2013 te Bronkhorstspruit dam Natuurbewaring. Dit is ‘n dag/Nag kompetisie en ons hengel van 07h00 die Saterdag tot 10h00 die Sondag.

Ons kom 6h00 die Saterdag by die hek by mekaar.

Die kostes sal by die hek betaal word en R10-00 beampte fonds sal ingesamel word .


Oktober Klubkompetisie
 2013
Rodekopjes dam NTV Gronde

Baie geluk aan Ruan Geyer wat die wenner was.

Ruan Geyer                        Swaarste sak                      1 vis  5.415kg


Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.

Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken groot asb.



BELANGRIKE DATUMS

26 Oktober
Dames en Juniors 1ste Liga – Trichardsfontein – SASOL kant
2-3 November
Klubkompetisie Bronkies
23 November
Dames en Juniors 2ste Liga
7 Desember
Klubkompetisie




MUNTDAM
·      Besoekers se fooi is R30,00 per senior besoeker, R20,00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·      Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lid, Wickes van Heerden (0731120080).
·      Permitte sal NIE 05h00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASSEBLIEF.
·      Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·      Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6h00 in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 17:00 in die middag gehengel word.  In die somermaande mag daar van 05h30 in die oggend tot 18h00 in die middag gehengel word.

Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word.  Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Kode
Lede moet asseblief kennis neem dat die hekkode vernader het na XXXX.

  

VERJAARSDAE IN Oktober

Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae in Oktober, mag die HERE julle seën.  Mag dit ‘n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.
2 Oktober Paul Botha
04 Oktober George van Loggerenberg
05 Oktober Ben Deacon
06 Oktober Hendrik du Preez
10 Oktober Andre de Jager
13 Oktober Lukey Deacon
13 Oktober Zack Froneman
14 Oktober Johan Barnardt
15 Oktober Pieter Esbach
16 Oktober Andre Bezuidenhout
17 Oktober Deon Koekemoer
19 Oktober Vic Geldenhuys
30 Oktober Tobie Lombard

As ek van iemand vergeet het laat weet my groot asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.

ALGEMEEN
Onthou die blog, asseblief ondersteun ons en stuur enige iets aan.

NUUSBRIEWE PER POS
Lede wat nuusbriewe per pos ontvang en die briewe eerder per e-pos wil ontvang moet asb vir Robert by rslump@sars.gov.za kontak om die nodige reelings te tref.

Hengel Groete,

Komitee

No comments:

Post a Comment