Search This Blog

Monday 4 November 2013

Onwettige Hengelaars by munt Dam


Ek het die laaste ruk een of twee oproepe van lede gekry wat handel oor persone wat onwettig by die Munt Dam aan die Ooste kand hengel. Ek wil vir die wat dit raporteer baie dankie se, ons as komitee wardeer dit baie dit is egter nie altyd vir die komitee moontlik om uit te gan na die dam om dit uit te sorteer nie aangesien mens nooit weet waneer so karakter by die dam opdaag nie. 

Dus is wil ek van elke Munt vra dat dit bly aanmeld maar ook self sal optree en die mense sal konfronteer en in kennis stel dat hulle nie daar mag hengel nie al wie wel aan die Ooste kant mag hengel is die boer se familie en met toestemming van hom!

Dan is daar 'n ander groep mense wat ook onwettig hengel en dit is gaste wat saam lede gaan maar wat nie vir permitte reel nie! Dit is die lid se plig om te reel vir dit en nie net die komitee lid wat by die dam langs gaan bloot in kennis te stel dat daar gaste saam is nie, gelukkig is dit die minderhyd en die meeste Munties lat weet gewoonlik vroegtydig. 

Besoekers se fooi is R30,00 per senior besoeker, R20,00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·      Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lid, Wickes van Heerden (0731120080).
·      Permitte sal NIE 05h00-08h00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASSEBLIEF.
·      Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·      Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6h00 in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 17:00 in die middag gehengel word.  In die somermaande mag daar van 05h30 in die oggend tot 18h00 in die middag gehengel word.

Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word.  Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.



Onwettige Hengelaar by Munt dam

No comments:

Post a Comment