Search This Blog

Tuesday 12 November 2013

November 2013 Nuusbrief


LIEF EN LEED IN DIE KLUB

Lief
Ons wil vir Lukas le Roux en Johan Pfeil sterkte toewens met die meesters SA Kampioenskappe 9-13 November te Gariep dam. Dan wil ons André Bezuidenhout  baie sterkte toewens met die feeder Wêreld Kampioenskappe 18-24 November 2013 wat by Bloemhof plaasvind.
Leed
Ons wil Lukas le Roux en sy vrou sterkte toewens met die operasie wat voorlê.

NUWE LEDE EN LEDEGELD

Lede moet asb hulle 2014 ledegelde betaal.  Onthou dat die finansiële jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal, betaal weer ‘n intree fooi van R50.00.

Die klub se bank besonderhede is as volg:
Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358

2013 Ledegelde
·         Seniors R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe - R150,00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Neem asb kennis dat nuwe lede vanaf 1 Julie pro-rata ledegelde betaal vir 2013 en dan die volle gelde vir 2014.
Nuwe Lede
J Schoeman
J.P Engelbrecht
A Botha
W.A Potgieter
A Oostuizen

KLUB KOMPETISIE
Daar is op die maand se komitee vergadering besluit dat die lede wat ”feeder angling” wil beoefen tydens klub kompetisie die kaans gegee sal word, daar sal die oggent voor die tyd verduidelik word hoe dit gan werk t.o.v “seatbox” en werp ens.

Die volgende klub kompetisie is 7 Desember 2013 te Arabie dam Natuurbewaring (anderkant Marble Hall +/- 170 km van Pretoria). Dit is ‘n dagkompetisie en ons hengel van 07h00 tot 15h00.

Ons kom 04h00 vir 04h15 die Saterdag by die Zenex garage +/- 3km op die Moloto pad by mekaar.

Die kostes sal by die hek betaal word en R10-00 beampte fonds sal ingesamel word .
November 2013  - Klubkompetisie-uitslae
Bronkhorstspruitdam

Baie geluk aan Wickes van Heerden wat die wenner was.

Wickes van Heerden                      Swaarste sak                      1 vis  5.455kg


Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.

Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken groot asb.


BELANGRIKE DATUMS

9-13 November
Meesters SA Kampioenskappe Gariep dam
18-24 November
Feeder Wêreld Kampioenskappe
23 November
Munt Werkers Dag
25 November
Juniors en Penkop aas vergadring
30 November
Juniors en Penkop 2ste Liga te Vaaldam Last Farm
7 Desember
Klubkompetisie – Te Arabie Dam


MUNTDAM
·      Besoekers se fooi is R30,00 per senior besoeker, R20,00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·      Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lid, Wickes van Heerden (0731120080).
·      Permitte sal NIE 05h00 – 08h00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASSEBLIEF.
·      Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·      Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6h00 in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 17:00 in die middag gehengel word.  In die somermaande mag daar van 05h30 in die oggend tot 18h00 in die middag gehengel word.

Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word.  Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Kode
Lede moet asseblief kennis neem dat die hekkode vernader 1 Desember na XXXX.

WERKERS DAG

Daar word n “werkers dag” beplan vir die 23de November 08h00, ons gaan die dam terein skoon maak en die toilet wat omgewaai het optel en skuif .Ons versoek lede om the help met die volgende items groot asb. :
    Tange
          Draad
          Petrol
          Bossie kappers
          Grassnyers
          Kettings
          Saag
          Toue
En natuurlik julle self as arbeiders.
Kom ondersteun asb.

VERJAARSDAE IN NOVEMBER

Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae in November. Mag die HERE julle seën.  Mag dit ‘n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.

02 November
ME Pick
04 November
JJ Grundlingh
06 November
P White
11 November
E Francis
12 November
WP Trytsman
15 November
JL Engelbrecht
15 November
HA Truter
17 November
WG Coertze
18 November
JJ Steenkamp

As ek van iemand vergeet het laat weet my groot asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.

ALGEMEEN

NUUSBRIEWE PER POS
Lede wat nuusbriewe per pos ontvang en die briewe eerder per e-pos wil ontvang moet asb vir Robert by rslump@sars.gov.za kontak om die nodige reelings te tref.

Hengel Groete,

Komitee

No comments:

Post a Comment