Search This Blog

Thursday 26 September 2013

September 2013 Nuusbrief

LIEF EN LEED IN DIE KLUB
Lief
  • Aan  Pieter Esbach en sy vrou baie geluk met baba Qaude wat gebore was op 27 Augustus 2013 ons hoop die baba gaan vir hulle baie vreugde bring
  • Geluk aan die volgende lede wat tot die Feeder A en B spanne verkies is:
    • Deon Koekemoer  – A Span
    • Eddie Francis          – A Span
    • Jacqui van Zanten – A Span (Afrigter)
    • Whaldu Soukup    – B Span
    • Johan Jonck           – B Span
    • Heini Strydom      – B Span
    • Ryan Prinsloo        – B Span
    • Pieter Esbach        – B Span
    • Robert Slump       – B Span (Bestuurder)
  • Ons wens hierdie lede baie sterkte toe met die SA Kampioenskappe en Nasionale Proewe wat gehou word by Bloemhof die week van 19 tot 25 October 2013.
  • Ons wens dan ook ons Nationale Karp hengelaars baie sterket toe met die Karp wereld Kampioenskappe wat 29 September 2013 in Portugal plaasvind.
    • Pieter White
    • Nardus Buys
    • Jacques Mouton
  • Dan ook sterkte aan Stefan Hennop wat vanaf 22 tot 27 September deelneem aan die SAVOF toer.

Leed


NUWE LEDE EN LEDEGELD

Lede moet asb hulle 2013 ledegelde betaal.  Onthou dat die finansiële jaar van Januarie tot Desember is en lede wat laat betaal weer ‘n intree fooi van R50.00 gaan betaal.

Die klub se bank besonderhede is as volg:

Munt Hengel Klub
ABSA
Spaarrekening
Rekening nr 9116712358

2013 Ledegelde
·         Seniors R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, Juniors en Penkoppe - R150,00 plus R50,00 intreegelde.
·         Dames, wat nie onder 'n senior aansluit nie, betaal ook R350.00 plus R50,00 intreegelde.
·         Neem asb kennis dat nuwe lede vanaf 1 Julie pro-rata ledegelde betaal vir 2013 en dan die volle gelde vir 2014.
Nuwe Lede

Krista Kleingeld
Sanet van Wyk


KLUB KOMPETISIE
Die volgende klub kompetisie is 5 Oktober 2013 te Roodekopjes Dit is ‘n dag kompetisie en ons hengel van 07h00 tot 15h00.

Die lede moet asseblief almal 5 uur vir 5h15 by die Sasol Petrol stasie net voor Brits bymekaar kom, ons sal dan vandaar almal saam verder reis.

Die kostes sal R80-00 wees , R40-00 per per soon, R30-00 vir voertuie en R10-00 beampte fonds . Kinders onder 12 half prys.


September Klubkompetisie
6 & 7 September 2013
Trichardsfontein

Baie geluk aan Lukas Le Roux wat die wenner was.

Lukas Le Roux                    Swaarste sak                      24 vis  13.170kg


Lede moet asseblief daarop let dat klubkompetisies volgens die klub se inhuisreëls gehengel word.

Almal moet ook voor daar gehengel word die aantekeningsregister by die Skaalbeampte teken groot asb.



BELANGRIKE DATUMS

25 September
Juniors SAVOF toer – Verlaatenskraal - Bloemhof
28 September
Meesters Liga No.2 - Roodekopjes
29 September
Karp Wereld Kampioenskappe - Portugal
5 Oktober
Klub Kompetisie - Roodekopjes
12 Oktober
Meesters/Juniors All Transvaal’s
19 Oktober
Senior Liga No. 2 Roodekopjes
19-22 Oktober
Feeder – SA’s
24-25 Oktober
Feeder – Nasionale Proewe
26 Oktober
Dames en Juniors 1ste Liga – Trichardsfontein – SASOL kant



  

MUNTDAM
·      Besoekers se fooi is R30,00 per senior besoeker, R20,00 vir pensionarisse en juniors onder 12 jaar.
·      Lede moet toestemming en ‘n besoekerspermit kry by die volgende Komitee lid, Wickes van Heerden (0731120080).
·      Permitte sal NIE 05h00 in die oggend aan lede met besoekers uitgereik word nie, reël vroegtydig die permitte ASSEBLIEF.
·      Lede word versoek om nie die slotkombinasie aan enige iemand anders te verskaf nie.
·      Lede moet asseblief kennis neem dat daar slegs vanaf 6h00 in die oggend (Mei, Junie, Julie, Augustus) tot 17:00 in die middag gehengel word.  In die somermaande mag daar van 05h30 in die oggend tot 18h00 in die middag gehengel word.

Alle vis wat gevang word moet dadelik weer terug in die dam geplaas word.  Geen hounette (keepnets) mag in die perseel ingebring word nie en geen vis mag in ‘n hounet geplaas word nie.
GEEN VIS MAG VAN DIE PERSEEL AF VERWYDER WORD NIE.
Geen vure mag anders as in die verskafte braaiers gemaak word nie.
Geen persoon mag kamp of oornag by die Muntdam nie.
Geen kinders mag sonder ouer se toesig by die dam gelos word nie.

Muntdam Kode
Lede moet asseblief kennis neem dat die hekkode vernader het na xxxx.

VERJAARSDAE IN SEPTEMBER
Baie geluk aan die volgende lede met julle verjaarsdae in September, mag die HERE julle seën.  Mag dit ‘n wonderlike dag wees en ‘n jaar van groot visse in die net.

1 September
Oom Bokkie Engelbrecht
6 September
Dewalt Janneke
6 September
Henri van Lelyveld
11 September
Roelof Engelbrecht
14 September
Bossie Boshoff
14 September
Robert Slump
14 September
Hennie Booyzen
16 September
Zac Hooper
24 September
Johan Pfeil Snr
24 September
Fred Meintjies

As ek van iemand vergeet het laat weet my groot asseblief sodat ek die klub rekords op datum kan bring.

ALGEMEEN


NUUSBRIEWE PER POS
Lede wat nuusbriewe per pos ontvang en die briewe eerder per e-pos wil ontvang moet asb vir Robert by rslump@sars.gov.za kontak om die nodige reelings te tref.

Hengel Groete,
Komitee

No comments:

Post a Comment